NARTJIES OF KLEIN LEMOENE IN BRANDEWYNSTROOP
Amanda Struwig
Was genoeg klein lemoene of nartjies om 'n 1 liter te vul.
Plaas 500gr suiker met 500ml water in 'n pot.
Prut vir paar minute
Voeg 2 kaneelstokkies en omtrent 8 Anyssterre by.
Prik elke lemoen of nartjie 'n paar keer met 'n tandestokkie en plaas in die pot. Sit die deksel op en prut vir 'n uur.
Skep die vrugte uit en plaas in gesteriliseerde bottels.
Hou aan om die vloeistof te kook tot dit dik word en met omtrent die helfte afgekook het. (so ongeveer 10 minute)
Voeg nou ½ tot 1 kop brandewyn (na smaak) by en laat die vloeistof afkoel tot kamertemperatuur.
Giet nou oor die vrugte in die fles.
Laat ten minste vir 1 week so week in die sous voor bediening.
Heerlik met roomys of vla.
Resep : Sam Linsell (Drizzle and Dip)