PEER- EN APPELSMEER
Amanda Struwig
+ 1 kg pere, geskil, ontpit en in stukkies gesny
3-4 groot appels, geskil, ontpit en gerasper
500/600g suiker
1 duimlengte heel gemmer, geskil en gekneus
1 kaneelstokkie
30 ml suurlemoensap
Kook alles saam tot sag en 'n mooi ligbruin kleur het.
(Ek het die kaneelstokkie net so 10 min voor dit reg was ingesit - was te bang die smaak sou te oorheersend wees - dit het perfek gewerk)
Bottel warm.
Gebruik as smeer op brood / saam varkvleis / op 'n nageregbord, ens.
Kan selfs as vulsel gebruik word vir individuele tertjies
Baie baie lekker uitgekom.
Die hoeveelhede is redelik geskat hierbo aangesien ek heelwat bakkies en bietjies bygevoeg het. Indien dit te dik lyk, het ek so bietjie water bygegooi en goed deurgekook.
Eie resep en foto