PERSKE EN APPELKOOS-BLATJANG - Razel de Kock
Lewer + - 6 bottels. As jy van nog meer branderige blatjang hou voeg nog 20 ml rooipeper by. Die blatjang is selfs lekker op broodjies.
300 g droe perskes 150 g droe appelkose 750 ml bruin druiwe asyn 1 kg witsuiker 2 uie - fyn gekap 30 ml sout 15 ml rooipeper
Week die droevrugte oornag in asyn. Kook die vrugte in dieselfde asyn in 'n pot tot sag, dreineer en hou asyn. Maal of sny met 'n mes die vrugte fyn. Giet vrugte, suiker en 250 ml van die asyn in die pot. Voeg uie by en kook tot deurgekook is. Voeg rooipeper by en kook 1½ uur lank. Roer nou en dan om aanbrand te voorkom. Steriliseer bottels. Gooi die blatjang in die bottels.
SANDRA SE GEELPERSKE-BLATJANG
1½ kg geelperskes - geskil - pitte verwyder en fyn gekap 2 uie - fyn gekap 125 ml bruinsuiker 15 ml kerriepoeier 3 rissies 15 ml borrie 1 bottel asyn 15 ml sout of na smaak 7½ ml wonderpeper 1 klein knoffelhuisie
Plaas al die bestandele in 'n kastrol en kook tot dik. Skep in skoon gesteriliseerde flesse en verseël.
NAUDÉA SE PERSKE BLATJANG - Naudea Visser
5kg perskes - ontpit en opgesnipper 1½ bottels asyn 2 eetlepels kerriepoeier 6 uie - in blokkies gesny 2 opgehoopte eetlepels sout 4 koppies suiker 24 heel naeltjies ½ teelepel rooipeper
Kook fyngekapte ui in asyn vir 10 minute lank Voeg perskes en res van bestandele by en kook vir +- 60minute tot mengsel dik genoeg is, roer af en toe met houtlepel om te voorkom dat dit aanbrand. *Jy kan die perskes voor die tyd deur vleismeul of voedselverwerker sit as jy fyn blatjang wil hê of as dit klaar gekook is dit met stick blender in pot fyner maak pasop net dat jy nie brand nie. *Bottel warm in skoongewaste warm blatjang bottels. *Halveer net bestandele as jy nie 5 kg perskes het nie.
KITS PERSKEBLATJANG
'n Vinnige reseppie vir perskeblatjang waarvan alle besige kokke sal hou! Lewer 1,5 liter blatjang
1 blik (900g) gesnipperde perskekonfyt 4 groot uie 375 g dadels 250 ml asyn 7 ml Tabascosous (rissiesous) 7 ml sout
Maal die perskekonfyt, uie en dadels saam. Voeg die asyn, rissiesous en sout by en meng deeglik. Skep in gesteriliseerde flesse en verseël.
ONGEKOOKTE PERSKE BLATJANG - Leonie Scott Jy kan die perskekonfyt met appelkooskonfyt ook vervang
1 groot blik perske snippers konfyt 10 (5) brandrissies 2 uie 4 knoffeltoontjies 5 ml sout 50 ml asyn 125 ml worcestorsous
Maal of kap fyn: uie, rissies en knoffel.
Meng met res van bestanddele. Skep in bottels en hou in yskas. Begin met 5 rissies en voeg meer by as jy van sterk blatjang hou. Ons eet dit op alles, maak selfs broodjies met grondboontjiebotter en piesangs met ‘n smeersel blatjang op. Heerlik!
“ Die resep het my ma baie jare terug by ‘n tannie in hulle kerk gekry. Dit was in die vroee 1980’s in Huisgenoot, iets waarop die tannie baie trots is. Afhangende van watter konfyt jy gebruik kan dit dalk loperig wees, maar dit bly lekker.
” PERSKEBLATJANG - Chanel van Niekerk
500 g geelperskes 2 uie, gekap 10 ml sout 3 ml koljanderkorrels 2 ml piment-of –wonderpeperkorrels 2 ml peperkorrels 5 ml matige kerriepoeier 1 ml sout 250 ml wit asyn 12,5 ml mielieblom 25 ml koue water 100 ml kookwater 100 ml suiker
Spoel perskes af om hare te verwyder. Halveer en snipper in dun skyfies. Bedek perskesnippers en gekapte uie met water waarby 10 ml sout gevoeg is. Laat staan vir 'n uur. Kook vir 20 – 30 minute in ʼn kastrol, nadat 100 ml kookwater bygevoeg is. Kook intussen speserye, sout en asyn vir 3 minute in ʼn ander kleiner kastrol. Voeg asynmengsel by gaar perskemengsel. Meng mielieblom en koue water tot glad. Roer kookwater en suiker by mielieblommengsel. Kook vir ongeveer 5 minute of totdat sous verdik. Skep blatjang in warm, skoon, glasbottels en verseël. Bêre op ʼn koel donker plek.