PERSKEROLLE
Elreda De Jager
Die resep wat ek jare terug gekry het was vir geperskes, maar ek het dit deur die jare met baie verskillende vrugte gedoen met sukses.
1kg geelperskes (vrugte)
1kop suiker
Geen water.
Skil en kook vrugte en suiker stadig tot suiker opgelos het. Laat so halfuur kook van kookpunt. Maak fyn met blender. Gooi uit op 'n blad wat met plastiekwrap oor getrek is uit, vryf dit oop.(ek gebruik 'n skoon liniaal) Sit eers onder waaier (ek oornag myne onder 'n gewone dakwaaier) sodat dit net nie aan jou net vasklou nie. Plaas dit vir so drie dae in die son onder 'n ligte net om dir vliee weg te hou. Trek dit af as dit droog is, vryf net 'n droë mazina/versiersuiker mensel bo-oor. Sny in stroke en rol op. (Die mazina/versiersuiker verhied dat dit aan mekaar vasklou.
Die op die foto was die gewone eetperskes. Ek verkies op sommer my vrugte fyn te rasper vooraf, dit werk vir my die beste. Ek vries my vrugte dan maak ek deur die jaar vrugterolle. Ek het al vye, sjoe-sjoes, appelkose, en nectarines so verwerk.