PIEKEL SPESERYMENGSEL
Albert Buitenhuys
Hierdie is ń mengsel wat ń tante hier op die Canterbury plains so paar jaar terug vir my gegee het.
Ek gee die resep soos wat sy hom vir my gegee het, maar moenie skaam wees om hom te verander na jou smaak nie.
Ek hou bv. daarvan om ń ½ koppie droë knoffel vlokkies by myne in te meng asook heelwat meer chillies.
Die resep hier onder is die basis en as jy hom eers ń paar keer gebruik het, sal jy baie meer selfvertroue hê om hom aan te pas.
Hierdie resep maak ongeveer 4 koppies.
Omrede die speserye heel is, het dit ń baie lang rakleeftyd.
Speserye:
1 koppie mosterd saad (bruin en geel gemeng)
½ cup wonder peper bessies
½ koppie grof gebreekte lourier blare
½ koppie swart peper korrels
½ koppie grof gebreekte kaneel stokkies
½ koppie heel naeltjies
½ koppie koljandersaad
½ koppie finkel sade
6 grof gebreekte droë rooi chillies
So maak mens:
1. Meng al die speserye in ń mengbak.
2. Plaas in ń donker glas bottel/houer, seel dig en bewaar in ń koel donker plek (spens)