POMELO EN SUURLEMOEN MARMELADE
Ben Rautenbach
Sny 3 groot, pas ryp pomelo's in blokkies op(behou die pitte en sap).
Sny 3 groot en ferm Suurlemoene in skyfies op(behou die pitte en sap).
Meng die vrugte, sap en 1,5 liter water.
Bind die pitte in n stukkie moeselien of kaasdoek toe en voeg dit by die vrugtemengsel. Bedek die houer en laat die vrugte oornag week.
Giet die mengsel die volgende dag in n groot konfytkastrol en kook dit tot pomelostukkies sag en die helfte van die vloeistof afgedamp is.
Verwyder die pitsakkie(gooi dit weg).
Meet die hoeveelheid vrugtemengsel af.
Voeg 200 gr witsuiker by elke 250 ml vrugtemengsel. Verhit dit oor matige hitte tot kookpunt (roer tot suiker opgelos het).
Kook dit ongeveer 30 minute vinnig tot dit jel as n klein bietjie van die marmelade in n koue piering getoets word. Skuim die marmelade af,indien nodig.
Laat die marmelade n paar minute afkoel.
Roer dit om die vrugte eweredig te versprei.
Bottel en verseel die marmelade warm.
Bron: Lekker vir Later deur Annette Human
Foto: http://www.goodtoknow.co.uk/recipes/438000/Grapefruit-and-lemon-marmalade