PORTUGESE PERI PERI HOENDERMARINADE
Henk Boshoff
Ek het in 1985 n dame en haar man, wat een van die suksesvolste restaurante in die ou LM besit het, ontmoet.
Hulle het die volgende resepte vir my gegee.
Jy moet eers die basiese PERI PERI sous maak.
PERI PER SOUS
500 gram ryp african birds eye chilli of ander brandrissies wat sterk is fyngemaal
1 suurlemoen se sap
15 ml aromat
10 ml varsgemaalde knoffel.
1 lourierblaar
60 ml goeie olyfolie
10 ml goeie paprika
5 ml sout
Prut alles stadig saam tot effens dikker, roer gereeld,gooi in fles en bewaar in yskas.
Neem ‘n hoender van so 1 kg, of as jy een van my werkers is, steel n hoender van so 1 kg
Onthou as die hoender groter is moet jy marinadebestanddele vermeerder
HOENDERMARINADE
Vir 1 kg hoender.
10 ml van die bovermelde peri peri sous hier speel persoonlike smaak n groot rol,jy kan meer opgooi,afhangende van jou brandlimiet.
15 ml sout
5 ml paprika
10 ml fyn knoffel.
1 suurlemoen se sap
125ml witwyn
10 ml aromat
15 ml olyfolie
Maak n pasta van droe bestandele en olyfolie.
Spatchcock die hoender.
Sny kepe in hoender en vryf in.
Sit in bak en voeg mengsel van suurlemoensap en wyn by.
Sit bak in yskas om te marineer vir so 4 ure,draai hoender gereeld om.
Ek braai die hoender as volg ,ek maak 2 vure so 20 minute uitmekaar.
Vlambraai die hoender eers oor die vlamme van die 2de vuur, draai dit vinnig om, baste dit gereeld en wees versigtig dat dit nie brand nie.
Skuif dan die hoender na die eerste vuur se kole toe,en braai stadig oor koel kole tot deurgaar maar nog sappig.