ROMERIGE SUURLEMOENSMEER
...................Jy gaan nie genoeg kan kry van dié romerige, soet suurlemoensmeer op skons of roosterbrood nie.
125 ml (½ k) strooisuiker
3 suurlemoene se sap en skil
3 eiers
100 g botter
knippie sout
4 snye roosterbrood
Plaas die suiker, suurlemoenskil en -sap in ’n kastrol oor lae hitte en roer tot die suiker oplos. Verwyder van die hitte en voeg die eiers geleidelik by en roer om dit te meng.
Plaas die kastrol terug op lae hitte, voeg die botter bietjies-bietjies by, geur met die sout en klits voortdurend tot dit verdik.
Verwyder van die hitte, skep oor in ’n bak, bedek die oppervlak van die suurlemoenbotter met bakpapier en verkoel tot voor opdiening, of skink in gesteriliseerde flessies. Sit voor op die roosterbrood
Ingestuur deur: Reneé van Rensburg
Bron: Huisgenoot