SALMUERA BEDRUIPSOUS VIR SKAAPBRAAI
Henk Boshoff
Salmuera bedruipsous
Die Argentyne is absolute spesialiste as dit kom by die braai van heel karkasse.Hulle spitbraai nie n lam soos ons nie.Die lam word op n ysterkruis vasgemaak wat in die grond ingedruk word skuins oor die kole.Hulle spuit ook nie die karkas vol anderhande middels in nie,maar gebruik Salmuera as n bedruipsous.Losweg vertaal beteken Salmuera -dooie sout.Die sout is opgelos d w s dood.Dit maak nie vleis taai nie.Jy gooi die sous uit n bottel met gate in prop oor vleis of verf dit aan met n kwas.
Bestanddele
1 Ui fyngekap
12 gekapte knoffeltoontjies
5ml heel Koljandersade
5 ml heel Naeltjies
5 ml Swartpeperkorrels
2,5 ml Paprika
170 gram Sout
50 ml Wynasyn
500 ml water
Verhit water,asyn en sout tot byna kookpunt.
Gooi oor ander bestandele,laat afkoel en plaas alles in bottel.
Laat trek vir 10 dae voor gebruik,skud elke dag.