SOETRISSIE EN PYNAPPEL SLAAISOUS
Hierdie slaaisous van haar kan met gemak gebottel word en op die rak gehou word vir ‘n geruime tyd.
Maak seker jou sterilisasie is gedoen van jou bottels om te verseker dat die produk lank sal hou.
RESEP
1 liter Sonneblom olie
2 liter Wit asyn
500 ml Water
1 kg Soetrissies - fyngekap
2 kg Pynappel - fyngekap
2 kg Uie - fyn gekap
2 kg Suiker
100 ml Sout
25 ml Peper
50 ml Gemmer - fyn
15 ml Cayenne peper
200 ml Maizena aangemaak met 1 k water
METODE
Voeg al die bestanddele saam behalwe die maizena (mielieblom) en kook die mengsel terwyl jy gereeld roer eers oor lae hitte totdat al die suiker opgelos het.
Sodra die suiker opgelos is kook oor vinnige hitte vir ongeveer 15 - 20 minute. Voeg die aangemaakte maizena by die kokende mengsel en kook weer vir 10 - 15 minute totdat die mengsel verdik het.
Skep die warm mengsel in skoon en warm gesteriliseerde flesse en draai baie dig toe. Draai die bottel op sy kop en laat so afkoel. Hou ongeveer 6 maande tot 12 maande in donker kas.
HOEVEELHEID: Ongeveer 7 liter, die resep kan met gemak halveer word.
BRON: Ancoise Venter van LaLu Koffiehuis te Luckhoff, getoets deur Annelien Pienaar, 2015. "BOEREKOS met 'n Twist"