SONGEDROOGDE TAMATIES IN DIE OOND
Bertie Smith
Halveer klein tamaties (die Roman tipe) wat lekker ryp is.
Sit oopkant na bo in oond.
Strooi sout en suiker oor.
Droog soos met beskuit.... @ 180°C.
Dit moet nog elasties wees.
Bedek met olyfolie in bottels.
Sit lourierblaar, ´n paar peperkorrels en takkie roosmaryn in bottels
SONGEDROOGDE TAMATIES IN DIE SON
Benodigdhede
Klein tamaties (die Roman tipe) wat goed ryp is.
Kap paar kruie op (oregano, tiemie ens - opsioneel)
Seesout
Tipe sif met raam waarop jy tamaties kan neersit en dan 'n net wat goggas kan uithou
Metode
Halveer die tamaties en pak dit op die sifdraad.
Geur met seesout en kruie
Bedek met die ander laag sif of net en plaas in 'n sonnige area.
Los buite vir paar dae (bring in die aande in indien moontlik), afhangend van hoe dik die tamaties is.
Tamaties is reg wanneer die tekstuur nie meer taai is nie.
Bêre in lugdigte houer of zip lock sakkie met lug uitgehaal.
Dit kan ook in olyfolie in 'n gesteriliseerde bottel gepak word - bêre in 'n koel plek, nie nodig vir yskas.