250 g droë suikerboontjies 50 ml suiker 100 ml asyn 10 ml sout 3 ml fyn swartpeper 50 ml botter
METODE Was die boontjies (haal al die "klippies" uit) en week hulle oornag. Dreineer en plaas in ’n kastrol. Bedek met water en kook tot sag. Moenie sout byvoeg terwyl dit kook, anders kook dit nie sag nie. Voeg die ander bestanddele by sodra die boontjies sag is en die water heelwat verminder het. Die gereg moet souserig wees. Vul gesteriliseerde flesse met jou sousboontjies.
deur Barbara Joubert uit Sarie
SOUSBOONTJIES Marinda Oosthuizen
1 kg droë kidney beans (resep sê suikerboontjies maar jy kry dit nie meer) 450 ml suiker 850 ml asyn 30 ml sout 10 ml fyn swartpeper 100 ml botter METODE Was die boontjies (haal al die "klippies" uit) en week hulle oornag. Dreineer en plaas in ’n kastrol. Bedek met water en kook tot sag. (Ek het sommer in drukkoker saggekook.) Moenie sout byvoeg terwyl dit kook, anders kook dit nie sag nie. Voeg die ander bestanddele by sodra die boontjies sag is en die water heelwat verminder het. Kneus die boontjies met 'n drukker sodat die sous nie dun en waterig is nie. Maar daar moet genoeg sous wees. Vul gesteriliseerde flesse met jou sousboontjies en seël onmiddellik.
SOUSBOONTJIES Rykie Janse van Rensburg
600ml water 250ml asyn 180ml suiker 10ml sout 20ml kookolie 1 pakkie Cream of Tomato Soup
Gooi in pot tot suiker opgelos is Gooi 1.5kg gaar klein wit bone by en kook tot sous dik en gaar is, roer maar gereeld. Bottel warm. Bone laat ek oornag in water le, gooi water af, gooi nuwe water by en kook tot lekker sag.
BAKED BEANS Beulagh Lombard
1kg bone oornag geweek en Volgende dag sag gekook tot sous min is. Voeg die volgende bestanddele by: 1 k wit suiker n halwe k bruinsuiker. n Halwe k asyn 20 ml kookolie. 1 tl sout 1 tl braaivleis speserye 1blikkie tamatie puree kook tot dik bottel warm. Jy kan bietjie maizena aanmaak met n bietjie water roer by look tot gaar