SPAGETTI ALA MAMA
Resep: Annette Smith 1 Pakkie Spaghetti 3 Uie, opgekap 1 bottel (750ml) Tamatiesous (All Gold) 375ml Bruin Asyn 375 ml Sonneblom olie 1 teel Borrie 10 ml matige kerriepoeier 1 kop suiker Plaas al die bestanddele in 'n pot behalwe die spaghetti en bring tot kookpunt. Prut vir ongeveer 45 min. Kook Spaghetti net tot sag, maar nie pap, in aparte pot met water en sout. Voeg Spaghettie by en prut vir nog 15 minute. Bottel onmiddellin in warm klein flessies. Bêre in kas, maar na oopgemaak in yskas. SPAGHETTI EN TAMATIES Lena Henning 25 groot Tamaties 5 groot Uie ringe gesny ½ t Rooi pepper 1 k Appelkooskonfyt ½ t fyn Naeltjies 1 t Neut 2 e Sout 1 k Suiker 180 ml Asyn 1 Pak Spaghetti METODE: Gooi tamaties in kookwater en trek die skille af, sny bietjie kleiner Kook nou alles saam behalwe die asyn en spaghetti. Kook tot uie sag is, maak alles fyn in n voedselverwerker. Kook jou Spaghetti en dreineer goed. Voeg die asyn en spaghetti by die Tamatiemengsel en kook nog so 10min. Bottel en verseel warm!! INGEMAAKTE TAMATIESPAGHETTI Berie Smith Bestandele: 500g Uie, gekerf Kookolie 4 kg Ryp tamaties, ontvel en in kwarte gesny 375 ml (1 1/2 k) fyn appelkooskonfyt 250 ml (1 k)witsuiker 12,5 ml sout 5 ml neutmuskaat 2 ml rooipeper 2 pakke (500g elk)spagetti 30 ml Bruinsuiker 30 ml Oreganum Metode: Soteer die uie in ‘n bietjie olie tot sag. Voeg die tamatie kwarte by die uieringe en laat prut tot die tamaties sag en fyn is. (nogal ‘n tydjie) Meng die res van die bestandele, behalwe die spagetti, en voeg dit by die tamatiemengsel. Laat prut totdat die mengsel nie meer te waterig is nie. Kook intussen die spagetti soos op die pak beskryf. Dreineer goed, voeg by die tamatiemengsel en laat nog 5 minute lank prut. (Maak seker jy gebruik ‘n groot pot want as jy die spagetti saam met die tamaties meng is dit nogal baie). Skep uit in skoon, gesteriliseerde flesse. Lewer ongeveer 4L (+- 9, 500g Consol Bottels). SPAGHETTI EN TAMATIESOUS Magda Labuschagne: Tamatie & Spaghetti sous: 3 kg tamaties (Ek gebruik n box tamaties) 1/2 kg uie (2 grotes of 3 kleiner). 1/4 koppie suiker (ek gebruik n koppie vol.) 1 pak spaghetti 1 eetlepel sout 1 eetlepel botter Sit tamaties in kookwater en trek skille af. Sny tamaties en uie fyn en kook in n groot pot. Roer gedurig). Sit deur n blender en gooi dan mengsel deur n sif. Gooi die pitte weg. Gooi die tamatie puree terug in groot pot. Kook spaghetti en sout. Dreineer en gooi by tamatie puree. Gooi botter en suiker by en prut vir so 15 minute. Bly roer. Bottel warm en hou in koelkas. By bediening kan jy kaas byvoeg. As jy van basilikum hou kan jy bietjie ook byvoeg (opsioneel). Dis heerlik so koud op n sny brood. |
INGELEGDE MACARONISLAAI
Hettie Botha 6 Tamaties 2 Greenpeppers 3 groot uie 500 ml suiker 500 ml wit asyn 250 ml olie Kap die bestanddele fyn en kook tot sag. Voeg dan by: 1 t Aromat ½ t rooipeper 250 ml margarien Meng by 1 Pak GAAR MACARONI . Kook deur en bottel warm. Kan tot 3 maande in yskas hou. Geniet! 6 Tamaties 2 Greenpeppers 3 groot uie 500 ml suiker 500 ml wit asyn 250 ml olie Kap die bestanddele fyn en kook tot sag. Voeg dan by: 1 t Aromat ½ t rooipeper 250 ml margarien Meng by 1 Pak GAAR MACARONI . Kook deur en bottel warm. Kan tot 3 maande in yskas hou. Geniet! GEBOTTELDE NOEDELS Naomi le Roux. (eie reseppie) Bestanddele: 750 g uie - grof gekap 1½ kg ryp tamaties, geskil en gesnipper 2 groen soetrissies, fyn gekap 250 ml wit asyn 500 ml wit suiker 20 ml sout 150 ml kookolie 100 ml Mayonnaise 500 g klein skulpnoedels Metode: Kook eerste 7 best. saam vir 45 minute. Kook noedels sag, dreineer. Giet by eerste best., saam met Mayonnaise, kook deur en bottel warm. Verseel dadelik. Ingemaakte Spaghetti Heiner Lange 3½ kg tamaties 500 g uie 4 e appelkooskonfyt 1½ k suiker 1 k asyn 1 t fyn naeltjies 1 t peper 1 t neut 1 e sout 250 g egte botter 1 boks spaghetti Kook tamaties tot gaar. Haal skille af. Versap. Kook ui in water tot sag. Versap saam met tamatie Kook spagetti sag - nie pap nie. Water af. Voeg alles bymekaar. Laat kook 10 min. Bottel warm. |