SPANSPEK EN NARTJIE MARMELADE
2,4kg wit suiker
3liter spanspekblokkies
6 nartjies
2 liter kookwater
15ml suurlemoensap
Strooi helfte van suiker oor spanspekblokkies en laar oornag staan om stroop te vorm. Sny nartjies met skil en al in smal repies op, verwyder pitte en week pitte oornag in klein bietjie water. Bedek nartjierepies met kookwater en laat staan oornag. Kook die volgende oggend vinnig tot dit goed sag is en dreineer. Gooi die nartjiepulp by die spanspekblokkies met res van suiker en roer aan begin tot opgelos is. Voeg die suurlemoensap ook daarby en kook dan taamlik vinnig totdat stroop jel sodra jy dit op koue piering plaas. Roer dit gereeld en wees versigtig dat dit nie brand nie. Skuim die marmelade af. Laat effens afkoel en bottel dit warm en verseel dadelik.
Resep: Susan van der Westhuizen