SUURLEMOEN MARMELADE
Marie JV Rensburg
Die resep werk met verhoudings:
1 deel suurlemoen :
1 deel suiker :
½ deel water;
of te wel
1 kg suurlemoene :
1 kg suiker : 500 ml water
Weeg die suurlemoene voordat jy enigiets voordat jy begin wegsny.
Vat dan een-derde van die suurlemoene.
Gebruik 'n zester om lang repies van die skil (geen wit dele) daarvan te sny. Jy kan ook 'n rasper gebruik as jy nie 'n zester het nie. Bring water tot kookpunt in 'n klein kastrol en kook die skil vir een minuut.
Verwyder en hou eenkant.
Druk die sap van die suurlemoene sonder skil, uit.
Sny die ander suurlemoene in dun skyfies. Sny eers die punte af en gooi weg. Dan kan jy die res in dun snytjies, van so 1 – 2 mm sny.
Verwyder die pitte.
Gooi nou die skywe en die suurlemoensap in 'n kastrol. Bring tot kookpunt en kook vir 5 minute, terwyl jy voortdurend met 'n houtlepel roer om die hitte te versprei. Dit word so witterig en dik as gevolg van die pektien.
Voeg nou die suiker en water by.
Vir 600 g suurlemoene, het ek 600 g suiker en 300 ml water bygevoeg.
Roer oor 'n lae hitte totdat die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt wanneer die suiker heeltemal opgelos is. Kook vir 30 minute – vinnig. Dit moet so lekker vinnig borrel – gaan loer net nou en dan dat dit nie oorborrel nie. Dis nogal 'n taai spul!
Verwyder van die hitte en skep 'n teelepelvol op 'n piering uit. Plaas dit in die vrieskas. As dit afgekoel het kan jy sien hoe jou marmelade gaan lyk wanneer jy dit eet. Indien jy dit dikker wil hê, kook dit vir nog 5 minute en toets dit dan weer.
SUURLEMOEN MARMELADE
Sny so 4 suurlemoene baie fyn......
kook dit dan sag met so 6 koppies water .....
Dan het jy ongeveer 6 koppies suurlemoen moes......
gooi dan 6 koppies suiker by en kook so ongeveer 2 ure .....kyk maar as jou jam sulke blink borreltjies maak ........
Toets dit op n koue piering.
As dit lekker stol.....is dit reg ......
Bottel warm
Foto: Alma Bredenkamp Meyer

Sarel Lacante
Ek het verlede week marmelade gemaak. Baie lekker.
Vir elke 1kg suurlemoene, gebruik jy 1,25kg suiker, en 1,5l water.
Halveer die suurlemoene, en druk die sap uit.
Hou die sap eenkant.
Skil die uitgrukte stukkies, en sny die skil in repies.
Gooi die repies, sap, suiker, water in pot, en kook op lae hitte.
Sodra die meeste water weggekkok het, verlaag die hitte.
Toets die sap, as reg is bottel in warm vlesse.
Ek het twee 400gr vlesse uit die 1kg gekry.