SUURLEMOENSAP
Christine Pienaar
Gebruik MOOI suurlemoene (NB)
Versap.
Laat oornag staan as jy helder sap soek.
Gooi volgende oggend versigtig af en los afsaksel.
(Ek doen nie, want ek hou van die veseltjies daarin). Maak sap kokend warm
Sit in warm, steriele bottels
Vee deksel mooi skoon en maak bottels toe.
Sit in pot met warm water (sit iets op bodem soos rakkie of vadoek dat die bottels nie aan die pot raak nie)
Vul water aan tot so 5cm oor deksels
Laat kookpunt bereik en kook vir 10 minute.
(Hierdie word die waterbadmetode genoem)
Laat afkoel.
Suurlemoene se PH is baie laag so hy pla nie om op hierdie manier in te lê nie.
Produk moet net kwaliteit wees en proses so skoon as moontlik.
Nota:
Omdat die pH laag is en die warmbad metode is gevolg, hou dit vir jare. Stoor in ń koel, donker plek. Skerp lig, direkte sonlig en hoë temperatuur as jy dit stoor, is dan die enigste vyand.
Foto: healthyfoodteam