TAMATIEBLATJANG
1 kg tamaties 250 g bruinsuiker 250 ml witasyn 250 g sultanas 15 ml mosterdpoeier 15 ml fyn gemmer 15 ml sout 2 uie, in dun skyfies gesny 1 ml rooipeper Dompel die tamaties n paar minute in kookwater en daarna in koue water en trek die skilletjies af. Sny die tamaties fyn. Meng al die bestandele en kook dit stadig tot die regte dikte verkry is. Roer dit af en toe om te verhoed dat dit aanbrand. Bottel dit warm Resep: Diane Devitt Steenkamp) MARTHA SE TAMATIE BLATJANG - Martha de Lange
2,5 kg ryp tamaties 1 kg uie, geskil 2 groen soetrissies, ontpit 250 ml water 1 kg suiker 500 ml wit asyn 15 ml sout 15 ml kerriepoeier 15 ml droë mosterd 10 ml gemaalde koljander 10 - 15 ml rooipeper Maak 'n kruisie bo op elke tamatie en dompel dit in kookwater. Laat eenkant tot velle loskom. Trek velle af, kap tamaties saam met die uie en soetrissies fyn en voeg die sout by. Kook saam vir sowat 30 minute. Meng water, suiker, asyn en res van bestanddele saam. Voeg by tamaties. Roer tot suiker heeltemal opgelos is. Kook sowat 1 uur of tot verlangde dikte. Bottel kokend. TAMATIE EN GEMMER BLATJANG - Sarie Kos 3 uie - in skywe gesny 1 vinger vars gemmer - in dun skywe gesny 50 g tamatiepasta 350 g strooisuiker 600 ml rooiwyn asyn 25 ml sout 2 kaneelstokkies 2,5 kg ryp tamaties - in kwarte gesny Plaas uie in ’n groot kastrol en braai tot dit net begin sag word. Voeg gemmer, tamatiepasta, suiker, asyn, sout en kaneel by en bring tot kookpunt. Draai hitte af en voeg tamaties by. Kook tot sag. Syg mengsel deur en plaas sous terug in kastrol. Laat kook totdat ’n dik stroop vorm. Laat afkoel. Gooi tamatie mengsel terug in sous. Bêre in ’n lugdigte houer in die yskas. Gebruik binne 3 dae. |
TAMATIE BLATJANG
Alda Nel Die groente in my chutney, kook ek als appart in plastiese sakkies vir omtrent 8-10 min in my mikrogolf, en dan verpulp ek dit alles voordat ek dit begin kook. 1 kg geskilde tamaties 4 groot uie 1 groot green pepper 8-10 groot knoffeltoontjies 20 g rissie (of na smaak) 1 kg suiker 1,5 k asyn 2 tl sout 3 eetl masala pickles 3 eetl kerriepoeier 1 eetl borrie Kook alles saam (na verpulp) op medium hitte. (Toets maar en kyk, moenie te waterig wees nie). Bottel warm! TAMATIE BLATJANG - Barbara Joubert Genoeg vir 1 bottel van sowat 750 ml. Die blatjang het ’n heerlike soetsuur smaak en dis glad nie baie sterk nie. Die resep is maklik en die liplekker eindproduk kan jy voorsit met baie geregte. 800 g groot rosa tamaties 350 g klein geel rosalini tamaties 2 rooi uie 2 rooi brandrissies 300 g sagte bruinsuiker (375 ml) 190 ml rooiwyn asyn Sny rosa tamaties in blokke. Halveer die klein rosalini tamaties. Kap uie fyn en sny brandrissies in skywe, behou die pitte van die brandrissies. Plaas uie en brandrissies saam met tamaties en bruinsuiker in ’n kastrol. Voeg asyn by en plaas op stoofplaat. Bring tot kookpunt terwyl jy roer. Verlaag hitte en laat prut oop vir 30 – 40 minute. Roer elke nou en dan. Die blatjang sal dik en konfytagtig word. Gooi onmiddelik in gesteriliseerde inmaakflesse en verseel. TAMATIE EN GEMMER BLATJANG - Sarie Kos
3 uie - in skywe gesny 1 vinger vars gemmer - in dun skywe gesny 50 g tamatiepasta 350 g strooisuiker 600 ml rooiwyn asyn 25 ml sout 2 kaneelstokkies 2,5 kg ryp tamaties - in kwarte gesny Plaas uie in ’n groot kastrol en braai tot dit net begin sag word. Voeg gemmer, tamatiepasta, suiker, asyn, sout en kaneel by en bring tot kookpunt. Draai hitte af en voeg tamaties by. Kook tot sag. Syg mengsel deur en plaas sous terug in kastrol. Laat kook totdat ’n dik stroop vorm. Laat afkoel. Gooi tamatie mengsel terug in sous. Bêre in ’n lugdigte houer in die yskas. Gebruik binne 3 dae. |
ELSABE SE TAMATIE BLATJANG - Elsabie du Plessis
Hierdie resep maak ek gereeld. Die hoeveelheid chillies hang van jou smaak af. Ek gooi sommer lekker baie by. Heerlik, en hoe langer dit staan hoe lekkerder word dit.
3 kg tamaties 2 appels - ontkern en in blokkies gesny 500 ml suiker 500 ml asyn 250 ml sultanas 10 ml mosterd poeier 10 ml gemaalde gemmer 10 ml sout 4 groot uie - geskil en gekap 2 ml rooipeper brandrissies na smaak
Skil tamaties (opsioneel) ek gebruik kersietamaties uit my tuin - sny dit net middeldeur. Meng bestanddele en kook stadig tot dik terwyl jy af en toe roer.
Hierdie resep maak ek gereeld. Die hoeveelheid chillies hang van jou smaak af. Ek gooi sommer lekker baie by. Heerlik, en hoe langer dit staan hoe lekkerder word dit.
3 kg tamaties 2 appels - ontkern en in blokkies gesny 500 ml suiker 500 ml asyn 250 ml sultanas 10 ml mosterd poeier 10 ml gemaalde gemmer 10 ml sout 4 groot uie - geskil en gekap 2 ml rooipeper brandrissies na smaak
Skil tamaties (opsioneel) ek gebruik kersietamaties uit my tuin - sny dit net middeldeur. Meng bestanddele en kook stadig tot dik terwyl jy af en toe roer.
TAMATIE EN KNOFFELBLATJANG - Martha de Lange
Lewer 750 ml 1,5 kg tamaties, gekap 1 ui, gekap 3 knoffelhuisies, fyn gekap 15 ml vars gemmer, gerasper 10 ml wonderpeper (pimento) Meng al die bestanddele, behalwe die suiker, saam en prut vir 40 minute met die deksel op. Voeg die suiker by. Roer geleidelik totdat al die suiker opgelos is en bring tot kookpunt. Prut vir 1 uur sonder die deksel tot dik. |
HETTIE SE TAMATIEBLATJANG
Saam enige vleis is dit n treffer! 1 kg ryp tamaties 3 groot Granny Smith-appels 2 groot uie 1 groot rooi soetrissie 1 groot groen soetrissie 400 ml asyn 400 ml witsuiker 15 ml grof gemaalde swart peper 2 knoffelhuisies 2 stokkies pypkaneel 2 ml gemaalde naeltjies Trek tamaties se skille af, nadat dit in kookwater gelê het. Sny tamaties in stukke. Skil en kap die uie. Skil en sny die appels in skywe en verwyder die stronkies. Ontpit en sny die soetrissies in blokkies. Plaas al die bestanddele in n groot vlekvryestaal-kastrol met n dik boom en verhit dit tot kookpunt. Verlaag die hitte en kook dit ongeveer n uur lank, stadig sonder n deksel tot n dik moes. Skep in flesse, en verseël dadelik. |