TUISGEMAAKTE APPELPEKTIEN
Jy kan jou eie pektien van groen Granny Smith appels maak:
Sny 18 appels met die skil en te al in kwarte op.
Plaas dit in 'n kastrol met 'n deksel wat dig pas.
Voeg 1 liter water by. Sit die deksel op en stowe die appels tot dit meegee as dit met die vinger gedruk word. Syg die appels deur 'n klam moeselien- of kaasdoek wat oor 'n skottel gespan is. Moenie die proses verhaas deur daaraan te druk of dit te roer nie.
Wanneer die filtraat deur gedrup het, damp (kook) dit vinnig af totdat dit taaierig dik is. Bottel die appelpektien in 'n gesteriliseerde fles en verseël dadelik.
Gebruik 1 koppie tuisgemaakte pektien op 1kg vrugte
Uit: Lekker vir later
HOE GEBRUIK JY PEKTIEN
Ek gebruik redelik baie pektien. Kook vrugte met suiker, in ñ aparte bakkie meng pektien goed met suiker, gooi warm water by en klits dat dit bars! Hierdie stokkies wat skuim maak op melk en met batterytjie werk, werk goed daarvoof. Gooi pektien mengsel geleidelik by en moenie te lank kook en te veel roer nie nie, want dan skei dit!
Sit plaat af, laat afkoel tot op 90 grade C en bottel dan in warm, gesteriliseerde flesse. Soms neem dit tot ñ dag of meer in te set.
Hier werk die beginsel anders. Jy kook nie tot die vog so verminder het dat dit set nie. Dis hoe ons gewone konfyt kook. Met pektien gaan dit bitter vinnig, en die eindproduk het defnitief meer geur en smaak.
Wenk: Christine Pienaar