TUISGEMAAKTE INGEDAMPTE MELK
Die proses vereis dat die melk oor medium hitte gekook word sodat dit met meer as die helfte weg kook. Die water gedeelte verdamp en kook uit. Die proteïene in die melk raak meer gekonsentreerd en dit is ook die deel wat maklik aanbrand en ook ‘n velletjie vorm op die melk. Dus moet daar heeltyd geroer word. Moenie in die versoeking kom om die velletjie af te trek nie, want dan gooi jy die waardevolle proteïene weg en die ingedampte melk sal nie styf klits nie. Ingedampte melk moet met 60% van die volume verminder word. Hoe gedoen?
Stap 1: Meet enige hoeveelheid melk af...ek kook nooit meer as 4 koppies melk. Smeer eers die boom van die kastrol liggies met botter om aanbrand te voorkom. Plaas melk in ’n diep kastrol wat nie maklik sal oorkook en ook aanbrand. Neem ‘n sosatiestokkie of liniaal en plaas in die melk om die vlak te bepaal. Vanaf die vlak waar die melk is, deel dan die stokkie tot onder in tien dele. Soos jy kook plaas die stokkie in die melk om te meet. Die melk moet kook tot op die vierde merkie van onder!
Stap 2: Die melk moet heeltyd met ’n draadklitser geroer word om aanbrand en ‘n skilletjie te voorkom. Teen die einde van die proses sal jy merk dat die melk klonte vorm, maar moenie kommer dit sal later dreineer word met ‘’n sif. Die hele proses neem ongeveer 60 minute vir 2 k melk, wat vir jou ongeveer ¾ k lewer.
Stap 3:
Dreineer die ingedampte melk en plaas in ‘n gesteriliseerde glas fles vir ongeveer 7 dae.
Gebruik in resepte met groot sukses.
Bron: Annelien Pienaar, 2016, www.bosenbergguestfarm.co.z
Boerekos met 'n Twist
Foto: http://www.theurbanbaker.com/homemade-evaporated-milk/