TUISGEMAAKTE KERRIEPOEIER
Henk Boshoff
Ek was in die bevooregde posisie om deur die jare 'n paar goeie Indiervriende te hê. Ramesh Daya van G D Wholesalers was een so vriend.
Hy is ongelukkig 'n paar jaar gelede oorlede.
Ramesh se lewensfilosofie was eenvoudig. DOEN AAN ANDERE WAT JY AAN JOUSELF GEDOEN WIL HE.
As jy wors,salami en ander produkte self wil maak,is dit redelik noodsaaklik om n speserymeule te he,elektries of handaangedrewe.
Tuisgemaakte kerriepoeier is baie smaakliker as die kommersiele produk.In Indie word dit elke dag vars voorberei.
Elke streek of distrik het sy eie kenmerkende kerriepoeier.Trouens,feitlik elke gesin het hul eie resep.
Kerriepoeier verloor sy smaak na drie maande,so verdeel die resep om altyd vars kerriepoeier byderhand te he.
RESEP
Alle bestanddele moet fyngemaal wees.
60 ml Koljander
30 ml kardamon saadjies
30 ml kaneel
30 ml komyn
30 ml gemmer
30 ml swartpeper
15 ml naeltjies
15 ml mosterdpoeier
5 ml foelie [ mace]
15 ml borrie
10 ml rissiepoeier
5 ml neutmuskaat
Varsgemaalde neutmuskaat is oneindig beter as gekoopte gemaalde neutmuskaat. Die neute is hard, so ek rasper dit eers en maal dit dan.
Meng al die bostaande bestandele deeglik en bewaar in 'n glashouer.
Nota
Om 'n elektriese speserymeule,nadat speserye daarin gemaal is,maklik skoon te maak,maal rou rys in meule en vee skoon.