TURKSVYDADELS
Marietjie de Jonge
Ek het die turksvye met n skuursponsie afgeskuur om die dorings te verwyder in n wasbak met water.
Sny die blom en stingelkante van die turksvye af.
Sny die buitenste skille baie dun af met n skerp messie.
Trek die vel van die turksvy af. Dit word die dadel lekkers.
Laat die skille of velle oornag in n oplossing van 25ml gebluste kalk per 5L water lê..
Spoel dit die volgende dag af en dreineer goed.
Meet die hoeveelheid skille af.
Voeg 200g suiker (ek gebruik bruin) by elke 1,25 liter skille.
Verhit alles baie stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is.
Prut dit totdat die stroop so dik is dat dit nie meer vloei wanneer n bietjie op n piering getoets word nie.
Dreineer die skille en pak dit op n draadrak in n skinkbord of vlak oondpan sodat al die oortollige stroop kan afdrup.
Pak die skille op n sonnige plek om uit te droog. Dit vat so om en by 3 dae.
Draai dit gereeld om en tref voorsorg teen stof en insekte.
Bring dit snags binneshuis
Rol die skille op wanneer dit droog maar steeds sag is
Rol dit in suiker of klapper of albei of enige ander strooiversiersels van eie keuse.
Pak die turksvydadels in lae met waspapier tussenin in digte houers en strooi n bietjie suiker oor elke laag.
Bewaar dit op n koel plek.