UIE, RISSIE EN GEMMERKONFYT
45 ml olyfolie
4 uie, in dun skyfi es gesny
1 duimgroot stuk vars gemmer, geskil en fyngekap
1 rooi brandrissie, fyngekap (verwyder die pitte, indien verkies)
1 lourierblaar
125 ml water
15 ml sout
250 ml (200 g) suiker
80 ml rooiwynasyn
Maak: 200 ml
Verhit die olie in 'n kastrol en soteer die uie tot sag en deurskynend. Die hitte moet matig wees sodat die uie stadig braai en nie verkleur nie. Gooi die gemmer en brandrissie by en roerbraai dit vir 'n minuut of wat. Gooi die lourierblaar en water by en laat dit prut totdat al die water verdamp het. Voeg die sout, suiker en rooiwynasyn by en laat die konfyt vir 30 minute prut (sonder 'n deksel), of totdat dit verdik het. Laat dit afkoel en skep dit in 'n skoon, gesteriliseerde fles. Bêre die konfyt in die yskas. Wenk: Hierdie konfyt is die perfekte pasmaat vir sterk kase, byvoorbeeld belee cheddar of gorgonzola, maar eintlik smaak dit vorentoe saam met enige kaas. Dit is ook heerlik op 'n toebroodjie met kouevleis.