UIESLAAI MET ITALIAANSE SLAAISOUS
Helena Kruger
Mikrogolf resep
8 uie dun gesny
1 Rooi Soetrissie in repies dun gesny
1 Groen Soetrissie in repies dun gesny
2 k Gaar Sampioene [klaar gaar gestoom in mikrogolfoond]
750ml Italiaanse Slaai Olie [sous]
1/2 k Asyn [halwe]
1/4 k Suiker[ hier het ek minder gebruik ]
1t Paprika
1/2 Tiemie
1/2 t Growwe Swartpeper
1T Sout
METODE
Meng al die sous bestanddele baie goed tot suiker opgelos is
Gooi oor jou groentemengsel en staan oornag in yskas
Volgende dag gooi jou groentemengsel deur n vergiettes en dreineer jou sous
Verhit jou sous 3-4min in mikrogolf [nie kook nie]
Verhit jou bottels 2 min in mikrogolf oond en pak jou uiemengsel in
Gooi warm sous oor uie in bottels en plaas in mikrogolf vir 3min
Haal uit ..kyk vir borreltjies en vee randjie skoon af ..
Nou meng jy 2 e Whisky en 2 e Suurlemoensap met mekaar en deel dit bo-op jou botteltjies ...Dit help vir die kleur van jou inmaak en die Whisky help vir die olie wat ons in die slaaisous het om nie *Galserig* te word nie...
Draai nou jou proppe op en keer jou bottels om tot afgekoel...
N.S>Hierdie Metode gebruik ek altyd as ek Sampioene inmaak in slaai olie en dit hou baie lank.
My eie[Helena Kruger ] verwerking van Ada Vijoen se resep
Plasing en foto: Helena Kruger

OUTAN SE UIE SLAAI
1k tamatiesous
1k suiker
1/2k kookolie
1k asyn
1tl sout
Uie geskil en in ringe gesny.
Meng alles vir die sous, kook saam vir paar minute, voeg uie by en bottel warm.
Resep: Dalene Botha