AVOKADOPERE
Bevriesing van AVOKADOS:
Skil sagryp avokados, haal die pit uit en maak die vleis fyn.Voeg 30 ml suurlemoensap vir elke avokado by en meng dit goed. Skep die pulp in stewige vrieshouers en druk n pit in elke houer in die pulp.(Dit voorkom dat die pulp verkleur). Verseel die houers lugdig en bevries dit.
Om AVOKADOSKYWE te bevries: Kook ’n matige stroop van 200 g wit suiker vir elke 500 ml water en roer ’n klein bietjie askorbiensuur (apteek) by. Laat die stroop afkoel. Maak n oplossing van 5 ml askorbiensuur in elke 1.25 liter water en hou dit gereed.
Halveer en skil sagryp avokado's wat nie kneusplekke- of letsels aan het nie en waarvan die vleis romerig groen is. Haal die pitte uit en sny die halwes in skywe op. Plaas elke skyf dadelik in die oplossing sodra dit gesny is.
Spoel die skywe versigtig in vars water af en dreineer dit. Pak dit in stewige vrieshouers en bedek met die koue stroop; onthou om uitsitruimte te laat. Verseel dit en bevries.
Naomi le Roux
Uit: Lekker vir Later
HOE OM AVOKADO'S TE VRIES
Ancoise Venter:
As dit die dag ryp is kan jy dit skil ontpit, fyndruk en n kilogram met n klein botteltjie mayonaise meng. Plaas in botter bakkies . Vries. Dit word nie swart nie en kan dan wanneer benodig ontvries word en gewoonweg op brood gesmeer word met biki sout en peper oor.
Johan Coetzee:
Gevriesde Avo
Maak avo goed fyn met ń vurk
Voeg een eetlepel mayonaise en een teelepel suurlemoensap by die avo
Meng baie goed
Sit avo pit by die fyn avo en verseël lugdig en sit in vrieskas