VRIES VAN EIERVRUGTE
Uit: Lekker vir Later"
Soek jou brinjals sorgvuldig uit. Gooi die wat gerimpel, verlep, 'n bietjie uitgedroog is... weg. Ook die wat te groot en te oud is; hulle is almal voos en smaakloos.
BEVRORE EIERVRUGTE: Moenie groot oorbekwame eiervrugte bevries nie, maar soek die uit met 'n blink skil en sagte pitjies. Was die eiervrugte en skil dit... indien verkies. Sny dit in 1 cm dik skywe. Verhit water wat liggies gesout is tot kookpunt in 'n groot kastrol waarin 'n draadmantjie- of vergietes met die skywe in kan pas. Dompel die skywe in die draadmantjie in die water en verhit dit weer tot kookpunt. Blansjeer die skywe 4 minute lank. Haal dit uit en sit dit dadelik in yswater. Dreineer die skywe en druk dit met papierhanddoek droog. Bevries dit oop en verpak die bevrore skywe daarna in vrieshouers met 'n laag plastiek tussen elke laag.