VYE, LEMOEN EN SPESERYE KONFYT - MIKROGOLF
Albert Buitenhuis
Bestandele
1 ½ (375ml) koppies gesnipperde vye (6-10 vye)
1 ½ (7.5ml) teelepels Lemoen skil/zest – fyn gerasper
½ (125ml) koppie Lemoen stukkies – geskil en soveel van die wit verwyder as moontlik
1 ½ (375ml) koppies suiker
3 Eetlepels (45ml) Suurlemoen sap
¼ Teelepel (1.25ml) fyn gemer (droog)
¼ Teelepel (1.25ml) fyn naeltjies
¼ Teelepel (1.25ml) kaneel
½ Teelepel (2.5ml) botter
2 (250ml) Inmaak bottels
So maak mens:
1. In ń groot glas (Pyrex) maatbeker, ten minste 2 liter, plaas en roer al die bestandele deurmekaar. Bedek met ń vatdoek en laat staan vir +/- 60 minute. Dit sal die vrugte kans gee om goed te massereer.
2. Plaas in die mikrogolf op die hoogste verstelling en stel tyd op 15 minute. Die oomblik wat die mengsel begin kook, haal uit en roer. Plaas terug en roer elke 2 minute, wees baie versigtig vir die spat van warm konfyt.
3. Op so ongeveer 12 minute, doen die stollings toets. Kook todat die konfyt die korrekte dikte bereik.
4. Wenk – As jy ń mengbak gebruik sal jy ń korrekte lesing heel aan die begin kan neem. Wanneer die konfyt met een derde verminder het, behoort die konfyt gereed te wees.
5. Bottel en geniet, veral op n beskuitjie met ń stukkie bloukaas.