WAT IS 'N CANNER EN WANNEER WORD HY GEBRUIK?
Omdat ons baie navrae gekry het, net die volgende verduideliking.
Konfyte, piekels, blatjang ens is veilig om op die gewone manier te bottel. Soos ons almal dit al vir jare doen. Die oomblik wat ons bv kerrie kool maak, kom daar asyn in die resep. En dit maak dit veilig.
Die probleem en gevaar begin indien ons vleis en gewone groente in soutwater wil preserveer. Dán moet ons ń Canner gebruik om dit veilig te maak.
ń Canner is nie dieselfde as ń drukpot (stoompot) nie. Sy wande is dikker en hy word warmer onder hoë druk. Dié hoë temperatuur maak dan skadelike bakterië dood wat nie doodgemaak kan word by gewone kookpunt nie. Die produk word dan meestal vir 90 minute of self langer geprosseseer.
Alle groente, vleis, vis, hoender en produkte wat ń pH het van 4.6 of meer, moet met ń Canner gepreserveer word. Dan is dit veilig vir gebruik.
ń Canner is ongelukkig ongerieflik duur. Almal kan dit nie bekostig nie. En vele mense hou nie van die smaak nie.
In ń tyd wat ons na alternatiewe soek om voedsel te bewaar, wil en moet ons steeds veilige metodes gebruik.
Indien jy nie ń Canner het of een kan bekostig nie, is dit nie die einde van die wêreld nie.
Droging is byvoorbeeld ń veilige, ekonomiese en baie maklike alternatief.Daar is baie verskillende soorte.
Die canner se hittegrade kan baie hoër as 'n gewone stoompot, wat nodig is om laesuur groentes, vleis en vis in te lê.
Indien laesuur groentes soos:
Groente of produkte met 'n pH bo 4.5.
Botulisme is dodelik en word slegs vernietig een 'n konstante temperatuur en periode bo 115°C.
Hierdie temperatuur kan slegs in 'n regte canner bereik en gehandhaaf word.
Jy kan die produk op die gewone manier kook toot jy blou word, dit gaan niks help nie.
Voorbeelde van Laesuur Groente:
Alle groentes behalwe Tamaties.
Die bogenoemde kan slegs in n regte canner teen die regte temperatuur en tydperk ingele word
Onthou vrugte in stroop, konfyt en blatjang kan veilig ingelê word.