WAT IS DIE WATERBAD METODE?
Ben Rautenbach
Plaas vrugte in gewaste,droë flesse.
Kook verlangde stroop en laat afkoel.
Stroop:
Dikstroop 1 deel suiker en 1 deel water.
Mediumstroop 1 deel suiker en 2 dele water.
Dunstroop 1 deel suiker en 3 dele water.
Kookproses:
Plaas die vrugte dig on flesse.
Giet die stroop in flesse tot oorlopens toe vol.
Verwyder die lugblasies met n mes of sosatiestokkie.
Skroef deksel op maar nie styf nie(as jy consol flesse gebruik skroef deksel op en draai n halwe draai terug) flesse met die nuwe deksels word toegedraai tot dit toe is maar nie styf nie.
Die druk wat ontstaan tydens kookproses moet kan ontsnap.
Plaas nou flesse in n diepkastrol +-30 cm of dieper met n valsboom of vou n vadoek wat die boom bedek dubbel of vier dubbel.
Plaas flesse sodat dit nie aanmekaar raak nie.
Vul nou die kastrol met water sodat die deksels +-5 cm bo deksels is.
Verhit nou die water tot kookpunt en dan word die tyd geneem.
Kook vir 25-30 minute, verwyder van hitte.
Skep van die water uit,haal flesse uit en verseël dadelik dig.
Draai die flesse op hul koppe op n handoek en laat afkoel waar daar geen trek is nie.
Vee die flesse skoon af en bêre in n koel,droë donker plek.
Hierdie metode verseker dat dit gesteriliseer en warm gebottel word op n veilige manier.
Het geleer om dit te doen en sodoende baie te spaar omdat produk nie bederf nie.
Kook tyd hang af watter vrugte ingelê word byvoorberld vir appelkose,aarbeie en litchies is die tyd 15 minute.
Dit is baie veiliger en meer moeite asook vrugte lyk baie mooier en kan makliker in flesse gepak word sonder dat jy brand.
Christine Pienaar
Twee goed bewaar/peserveer voedsel veilig in bottels.
Suiker en suur.
Daarom is konfyte relatief maklik om te maak en dan ook ons gewone kerriekool en beetslaaie wat ñ baie suur /asyn basis het.
As jy byvoorbeeld vrugte in 'n stroop inlê, kan jou suiker verhouding te min raak.
Die pH reël is 4.6. Alles bo 4.6 is alkalies en kan NIE net gebottel word nie soos bv al jou groentes, vleis ens.
Behalwe konfyte en jellies waar suiker dan jou preserveermiddel is.
Die waterbad metode kook die produk in die bottel. Bv met ingelegde vrugte.
Al kook jy dit vir 5 dae lank, sal en kan die temp NOOIT bo 100 grade C gaan nie. Dit is en bly kookpunt van water.
Die warmbad metode vernietig dan SEKERE bakterie, verwyder lug uit jou bottels, laat deksels beter seël en gee beter eindproduk.
Jy draai bottel vas voor jy hom insit. Geen geweld. Geen hard draai.
Net soos as jy mayonaise klaar gebruik het en in die yskas gaan bêre.
Die deksel suig self vas soos in VAS.
Vee net altyd die randte van jou bottels MOOI SKOON voor jy jou deksels opsit. Dit verseker dat hy mooi seël.
Jy plaas nooit bottels direk op bodem van pot.
Jy bedek bottels met water en jou tyd begin EERS as jou water kook.
Indien water kook, kan hitte verlaag word maar moet aanhou kook.
Daar moet beweging en sirkulasie tussen bottels wees.
Water moet ook aangevul word om bottels te bedek indien nodig.
Enige groot genoeg pot met deksel sal werk.
Tye wat produk gekook word, hang af van resep en produk.
LET WEL..... Dit IS NIE canning nie. Botulisme word NIE by 100 grade C vernietig nie. Daarom is produk met hoë pH bo 4.6 nie veilig om net te waterbad nie.
Met canning gaan die temp tot by 116 grade C onder baie hoë druk wat dan wel botulisme vernietig.
Ben Rautenbach
Net om aan te sluit by Christine
Bottels moet 5 cm vanaf deksels met water gevul wees en deksels moet n halwe draai los gedraai word.
Plaas 'n metaal rakkie of gevoude vadoek op boom van kastrol dan pak bottels sodat dit nie aanmekaar raak nie.