WORTELKOEK KONFYT
Annelie Smith
Bestanddele
375ml fyn gerasperde wortels
375ml gekerfde pere sonder skil en binnegoed 😂
425ml blik fyn pynappel met sap
3 Eetlepels suurlemoensap
1 Teelepel Fyn kanneel
1/2 Teelepel neutmuskaat
1/2 Teelepel fyn naeltjies
57g pektien
1.625 Liter suiker
Voeg al die bestandele behalwe pektien en suiker saam in ‘n kastrol.
Bring tot kookpunt en prut stadig oor matige hitte vir 20 minute.
Voeg al die suiker by en pektien.
Meng goed en prut vir nog 1 minuut.
Bottel warm en volg waterbad metode.
Waterbad Metode
Vir die waterbad metode moet jy reeds ‘n kastrol groot genoeg met baie warm water op die stoof reg hê.
Daar is gewoonlik’n rakkie nodig binne, maar ek gebruik sommer dekseltjies van my bottels.
Neem kennis, dis meer ringe want ek gebruik die “canning jars”.
Na die konfyt gebottel is, plaas dit in die kastrol met water en die bottels moet heeltemal bedek wees met water.
Bring die water tot kookpunt.
Stel tot laer hitte en met die deksel op, laat dit prut vir 10 minute.
Na 10 minute haal die deksel af, skakel die hitte af en los die bottels vir nog 5 minute net so.
Na 5 minute verwyder van die kastrol en laat die bottels afkoel.
Wenk... ek het 5ml vanilla bygevoeg.