BLOUBESSIEKONFYT
Amanda Struwig
1 kg Bloubessies
800gr Suiker
30ml Suurlemoensap
Kap bloubessies net so 2 draaie in voedselverwerker net sodat dit effens breek.
Plaas lae bessies en suiker in 'n bak en laat staan tot gesmelt. (Ek los myne oornag)
Roer volgende oggend of na paar uur, goed deur en maak seker suiker is gesmelt.
Plaas in groot pot en begin stadig kook.
Sodra vinnig begin kook, roer aanhoudend.
Roer so klontjie botter in om te help dat dit nie baie skuim en oorkook nie.
Doen pieringtoets na so uur.
As jy jou vinger deur die konfyt in die piering trek en dit nie in die opening terugvloei nie, is dit reg.
Skep warm konfyt in gesteriliseerde bottels en seël.
BLOUBESSIEKONFYT
Sarie Tydskrif
Genoeg vir 4 bottels met volume van 285 ml
• 1080 g bevrore bloubessies
• 1080 g (1350 ml) suiker
• 30 ml suurlemoensap
Plaas al die bestanddele in ’n groot kastrol. Bring tot kookpunt oor matige hitte terwyl jy roer – die suiker moet gesmelt wees voor die mengsel begin kook. Draai die hitte af sodra die kookproses begin. Staan heeltyd by die kastrol om die skuim wat bo-op dryf af te skep. Laat oop prut vir 1½ uur. Begin ná ’n uur om konfyt te toets. Plaas ’n piering vir 15 minute in die vrieskas.Haal uit en gooi ’n bietjie warm konfyt daarin. Laat staan 5 minute. Trek jou vinger deur die konfyt. As die konfyt nie in die opening terugvloei nie, is dit reg. Skep warm konfyt in gesteriliseerde bottels en maak styf toe.
Bron: Sarie