BOEREWORS 1
Henk Boshoff
FAKTORE OM IN AG TE NEEM
Ons familie het vir dekades ons eie vee geslag en verwerk.
Ek het eers later deeglik besef dat gekoopte boerewors, in baie gevalle, nie geskik is om eers vir my Boerboele te voer nie.
Baie slagters vat kortpad deur lae kwaliteit vleis in boerewors, maalvleis en sosaties te gebruik.
Ons lewe in 'n tydperk waar winsbejag kwaliteit vervang het.
1. Jy kan nie goeie boerewors van swak vleis maak nie. C Graad vleis van goeie kwaliteit maak beter boerewors as A graad vleis.
2. Die varkvleis wat ons in ons boerewors gebruik is sog vleis, nie beervleis nie. Die skouer van die vark het die regte verhouding van vleis tot vet.
3. Koop, verhit en maal jou eie heel speserye. Koljander moet liggies geskroei word en dan gemaal word. Daar is n baie makliker manier,verhit jou koljandersade in die mikrogolf tot redelik warm en maal dan.
4. Gebruik goeie kwaliteit natuurlike worsderms. Die derms word in sout verpak. Ek spoel die derms goed af en laat vir ten minste n uur in koue water,waarby n klein bietjie asyn bygevoeg is,le. Dan laat ek water deur die derms vloei. Derms wat oorbly,kan herverpak word in sout en gevries word.
5. Gebruik goeie kwaliteit asyn en Worcestersous.
6. Soos met alle voedselhantering moet daar uiters higienies te werk gegaan word. Ek was alle voorwerpe wat met vleis in aanraking kom deeglik. Was jou hande goed en borsel jou naels skoon.
7. Ek sny my vleis in blokkies,gooi asyn en ander vloeibare middels oor,meng deur,gooi dan speserye oor en meng deur.Laat staan dan oornag op koel plek en maal volgende dag. Die uitsondering is die varkvleisblokkies wat ek gebruik in boerewors,ek verkoel dit en voeg dit yskoud by die ander vleis net voor maal.
8. Boereworsvleis moet grofgemaal word,13 mm plaat. Die vleis,nadat dit gemaal is en voordat dit gestop word,moet nie te veel hanteer word nie,ek meng die gemaalde vleis net eenmaal deur.
9. Ek gebruik broodkrummels of oats om te verhoed dat die wors te styf is.Wors moet die regte struktuur he. Kommersiele middels is beskikbaar en werk goed.
10. Nadat wors gestop is,word dit oornag in yskas geplaas vir die speserye om deur te trek,dan kan dit vakuumverpak word en gevries word.
11. Wors moet gebraai word vir beste resultate,gebruik n braaitang ,nie n vurk nie,die derm moet nie bars of stukkend gesteek word nie. Ek gebruik bosveldhout en koel kole. Moenie gevriesde wors probeer braai nie,ontdooi in yskas en braai dan.
12. Boerewors moet 90 persent vleis, vet ingesluit, bevat.
13. Verwyder alle senings van vleis.