4 wortels gerasper 2 uie in repies gesny 200g kool gekerf 6-8 vet rooi rissies gekerf [met pitte in] 1 groen soetrissie[ in blokkies gekap] 5ml paprika 5ml borrie 15ml kerriepoeier 100ml suiker1 blikkie gekapte tamaties 50ml asyn1e appelkooskonfyt 50ml water
METODE: Braai uie en soetrissie in olie tot mooi sag. Voeg wortels, kool, rissies,paprika, borrie, kerrie,en roerbraai tot groente sag is en gaar. Voeg dan jou tamatie, suiker, appelkooskonfyt, asyn en jou water by en prut vir so 10min.[ roer want dit kan maklik brand] Bietjie sout en peper en bottel dit dan warm. Sorg net dat daar geen lugblassies in botteltjies is nie!!!
Vroegroer chakalaka Beulagh Lombard .....ryk en lekker....hierdie resep is sommer net n lekker uit die kop een 1kg gevriesdebone rissies en uie gekook tot droog en gaar voeg dan kruie en speserye na smaak by , asook n bietje olie suiker asyn tamatie puree na smaak kook tot baie sag en voeg 1 blikkie chakalaka by laat prut en bottel warm idiaal vir potjiekos op n kouewinteraand
Nog wenke: Hoeveelhede na smaak. Gekerfte kool reeds gaar. Toe gooi ek uie en habeneros in in pot voeg asyn suiker en sout by kook dit tot sag voeg olie by verdik met chickpea poeier ,maizena kan ook,werk. kook voeg gaar kool by. Wat n heerlike chakalaka.
Erica Smit Kleinhans Braai uie en dan gooi jy by: twee blikkkies koo baked beans een blikkie chakalaka in laat kook vir drie minute en gooi so twee eetlepels mayonnaise in. Heerlik koud of warm saam braaivleis