DROëVRUGTESLAAI
125 g van elk van die volgende droe vrugte:
appelkose,
pruimedante,
perskes en sultanas.
Kerriesous:
Twee groot uie, in skywe gesny
'n toontjie knoffel, gekap,
15ml kookolie.
10 - 15 ml middelsterk kerrie,
5ml borrie,
7ml sout,
15 ml koekmeel
15ml gekapte vars gemmer, of
5ml fyn gemmer,
2ml gerasperde neut
2ml fyn naeltjies,
1 kaneelstokkie,
1 heel naeltjie,
n stukkie suurlemoenskil,
100 ml witasyn,
350 ml warm water.
METODE:
Soteer ui en knoffel in verhitte kookolie.
Voeg kerrie, borrie by en braai 2minute om geur te verbeter.
Voeg res van speserye, koekmeel, asyn en warm water by.
Roer tot dik.
Voeg droëvrugte by en hou aan prut tot sag.
Laat droëvrugte in kerriesous koud word.
Skep verkoelde droevrugte in gesteriliseerde bottels en verseël.
Die slaai sal ongeveer 'n jaar lank goed hou en uitstekend vir kampeervakansies. 6-8 porsies
Resep geplaas deur Erica Olckers "Uit Sannie Smit se "Suid-Afrikaanse volkleur Kookboek"