DRUIWE BLATJANG
(Maak omtrent 500 ml)
6 koppies Pitlose wit- of rooidruiwe
1 rooi Ui, gekap
Sonneblomolie
2 Lourierblare
2 Steranys
3 Naeltjies
1 t Koljandersaad
4 e Suiker
6 e Wit asyn
Kook die druiwe ongeveer 5 minute in water of tot hulle doppies begin oopbars.
Dreineer.
Soteer die ui en speserye tot sag.
Gooi die suiker en asyn by en kook tot stroperig (ongeveer 10 - 15 minute).
Gooi die druiwe by en kook nog 5-7 minute.
Gooi die blatjang in gesteriliseerde flesse en draai dadelik toe.
WENK: Jy kan ook lemoenskil, knoffel en ander speserye byvoeg.
Resep: Pasella

DRUIWE BLATJANG 2 - Francois Hatting
6 koppies rooi of groen pitlose druiwe 2 eetlepels canola olie 4 eetlepels suiker 6 eetlepels wit asyn 1¼ koppie rooi uie - in blokkies gesny 1 teelepel sout ¼ teelepel wit pepper 5 kruisementblare
Plaas die druiwe in 'n pot en kook op hoë hitte tot die druiwe bars, gewoonlik vir so 2 minute. Verwyder van hitte en dreineer die druiwe deur 'n vergiettes . Sit die druiwe eenkant. Braai die uie in die olie tot hulle deurskynend is. Voeg die suiker en asyn by en kook oor matige hitte vir so 3 - 4 minute of tot die mengsel stroperig word. Vewyder van die hitte en laat dit afkoel. Voeg die druiwe by. Voeg die sout, peper en kruisement by. Plaas in die yskas.