GEKARAMELISEERDE PEERKONFYT MET VANIELJEPEULE
1,5kg pere, geskil en pitte uitgehaal, in dun skyfies gesny
Sap van 1 groot suurlemoen
1½ k suiker
2 Vanielje boontjies, in die lengte gesplit
Metode:
Dag 1:
Sit pere, suurlemoensap, suiker en vanieljeboontjie in 'n pot.
Laat prut oor medium hitte.
Plaas in bak, bedek en plaas in yskas oornag.
Dag 2:
Plaas mengsel in sif of vergiettes om vloeistof uit te haal.
Sit vloeistof in swaarboompot en bring tot kookpunt oor lae hitte.
Voeg vanieljeboontjies by.
Hou aan kook tot vloeistof verminder, verdik en borrel.
Verwyder vanieljeboontjie en sit eenkant
Voeg pere by die mengsel en laat weer kook.
Kook nou vinnig tot vloeistof verdik en pere sag is en aan die pot wil wil vassit. Om pere te karameliseer, verlaag hitte en kook sonder om te roer net tot dit bruin word. Roer en karameliseer weer.
Verwyder van hitte, skep in warm gesteriliseerde flesse en prosesseer in 'n kokende waterbad vir 10 minute.
As jy verkies, kan jy die vanieljeboontjies in stukke sny en in elke bottel een sit voor jy seël.
Bron: localkitchenblog