GEDROOGDE VARKLENDE
Henk Boshoff
Gedroogde varklende [Lonzino] Spaans [lomo]
Hierdie is werklik lekker,nog meer so as jy 'n Bosvarksog se lende gebruik.
Heel stuk lende,vet en senings verwyder ,ongeveer 1,5 kg.
45 gram sout
15 gram suiker
3 gram salpeter
10 gram fyn swartpeper
5 gram knoffelpoeier
5 gram fyn naeltjies
10 gram uiepoeier
10 gram droe tiemie
Meng droe bestanddele baie goed en vryf deeglik in vleis in. Sorg dat jy dit orals invryf,
Plaas in digpassende plastiese sak in yskas vir 12 dae, draai greeld om en masseer vleis liggies deur plastiese sak.
Spoel baie goed af. Plaas in vleisnet. Jy kan dit nou liggies koud berook ,maar dit is nie nodig nie.Hang dit nou in koel plek op vir 12 dae. Dit sal ferm voel. Sny in papierdun skyfies en geniet.
Ek sny myne in 3 stukke,vakuumverpak en vries.
Ek het altyd een ontvriesde stuk in yskas.