GROENVYE KONFYT VIR BEGINNERS
JY BENODIG:
Dag 1
500 g Groenvye
17 ml Koeksoda
4 koppies Water
SO MAAK JY:
Skrop die vye goed en sny ’n klein kruisie aan die blom-ent (die anderkant as die stingeltjie). Los die koeksoda op in die water en week die vye oornag. Sit 'n piering bo op die vye om hulle onder die water te hou.
Dag 2
Vye
’n vuurhoutjie
4 koppies Suiker
6 koppies Water
½ teelepel Suurlemoensap
’n paar Vyeblare
SO MAAK JY:
Spoel die vye goed af. Plaas dan die vye in ’n kastrol kokende water en kook vir sowat 10 minute. As die vuurhoutjie maklik deur die vrugte druk, is hulle sag genoeg. Skep die vye met ’n gaatjieslepel uit op ’n vadoek. Hou daai groenerige warm water. Jy gaan dit weer gebruik. Laat die vye ’n minuut of twee afkoel en druk dan saggies die oortollige water uit
Los 2 koppies suiker op in 3 koppies van die gekookte water in ’n swaarbodemkastrol. Verhit dit stadig tot by kookpunt en laat dit vir ’n minuut kook. Voeg die suurlemoensap en vyeblare by vir ’n gawe geur. Voeg dan stelselmatig die vye by sodat die stroop nie ophou kook nie. Kook die vye vir ’n halfuur. Stel tog ’n wekkertjie, netnou raak jy verdiep in Instagram en vergeet heeltemal van dié groenies... Bly in die kombuis en loer gereeld.
Maak nou in ’n ander potjie nóg ’n kooksel van dieselfde hoeveelheid stroop (2 koppies suiker en 3 koppies water). Laat dit oplos en stadig kook. Vul dan jou vyekooksel se stroop aan namate dit wegkook.
Hier van ’n halfuur af, kan jy elke vyf minute loer na die vye (ek het dit op die ou einde vir nóg 20 minute lank gekook met my wekker wat elke vyf minute afgaan). Al die resepte sê dieselfde: die vye moet helder en glasig lyk en die stroop moet dik wees. Nou dis moeilik om te bepaal as jy nie ’n konfytkenner is nie, maar toe hoor ek van die strooptoets: Skep ’n bietjie stroop in ’n piering en laat dit afkoel in die yskas. As jy met jou vinger ’n lyn trek deur die middel van die strooppoeletjie en die stroop beweeg nié terug na mekaar toe nie, is dit reg.
Moenie te veel hieroor stres nie, selfs al is alles nie perfek nie, solank jou vye nie verbrand het nie, gaan dit heel eetbaar wees.
Skep die vye in gesteriliseerde bottels. Druk die vye saggies dat hulle styf teenmekaar gepak is, anders gaan hulle boontoe dobber in die stroop. Skink die stroop bo-oor sodat die vye heeltemal bedek is. Die resep lewer omtrent drie middelslag bottels konfyt. Dit lyk alte fraai in jou spenskas en is 'n gawe present.
Indien jy gereed voel om ’n groot konfytoperasie aan te pak, raadpleeg die volgende bronne. Daar word dinge in grootmaat aangepak:
Bron: Kook en Geniet