HEEL GROENVYE VIR KAASBORD
Bron: Lekker vir Later
Gebruik groen vye waarvan die binnekant nog nie hol of verkleur is nie.
Sny met ‘n skerp mes ‘n kruisie deur die blomogie van elke vy.
Vryf die skil met growwe skuurpapier af of rasper met ‘n fyn neutrasper af.
Weeg die hoeveelheid vye af.
Week dit oornag in ‘n oplossing van 25 ml sout per 2,5 liter water; plaas ‘n omgekeerde bord oor die vye en sorg dat die soutwater die vye heeltemal bedek.
Spoel die vye die volgende oggend goed af in ‘n vergiettes onder lopende koue water.
Vul ‘n groot konfytkastrol half met water en laat dit kook.
Plaas die vye in die kastrol en verhit dit tot kookpunt. Dreineer dit dadelik en spoel dit goed in vars water af.
Vul die kastrol half met vars water en verhit dit tot kookpunt. Plaas die vye en ‘n paar afgespoelde jong vyeblare daarin en kook dit ongeveer 4 minute oor matige hitte totdat ‘n skerpgemaakte vuurhoutjie maklik in ‘n vy gesteek kan word. Dreineer die vye.
Gebruik vir die stroop 7,5 liter water, 3 kg wit suiker en 50 ml suurlemoensap of 10 ml kremetart per 2,5 kg vye. Verhit die water en suiker stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Plaas die sag gekookte vye geleidelik in die kokende stroop. Kook dit ‘n halfuur lank oor matige hitte sonder ‘n deksel. Haal die kastrol van die stoof af, sit die deksel op en laat die vye oornag in die stroop masereer.
Skep die vye die volgende oggend met ‘n gleuflepel uit die stroop en sit dit opsy. Verhit die stroop tot kookpunt en plaas die vye geleidelik teurg in die kokende stroop – dit moenie ophou kook nie. Kook die vye ‘n uur lank oor matige hitte en skuim die konfyt dan af. Die vye kan nou weer tot die volgende oggend opsygesit, uitgehaal en terug in die kokende stroop geplaas word. So nie kook die vye totdat die stroop so dik soos kasterolie is. Kook intussen in ‘n aparte kastrol ekstra stroop, want dit is gewoonlik te min teen die tyd at dit die regte dikte het. Voeg hierdie stroop, die kremetart of suurlemoensap en 12,5 ml suiwer gliserien teen die end by die vye s’n en laat dit goed deurkook. Bottel warm en verseël dadelik.

GROEN VYE KONFYT
Elize Nel
Bestanddele:
1,25g suiker per 1kg vrugte
1,5 liter water per
1kg suiker
50-60ml suurlemoensap per 3kg vrugte
Metode:
Gebruik vye wat goed uitgeswel is, maar waarvan die binnekant nog nie hol of verkleur nie.
Krap rasper of skil vye baie dun af en behou steeltjies. Sny ‘n kruisie aan die onderpunt van elke vy. Bepaal massa en prik.
Laat vye oornag in kalkwater of koeksodawater 25ml gebluste kalk en 45ml koeksoda per 5 liter water.
Haal uit en spoel deeglik af. Sit vye in en ‘n paar vyeblare in kookwater en kook tot sag maar nie pap nie, ±15 minute. Sit die vye in stadig kokende stroop en kook matig vinnig tot vrugte goed deurgekook word, ± 30 minute.
Laat stroop afkoel en lig vrugte uit die volgende dag. Kook stroop weer en sit vrugte by kook ± 5 minute of totdat dit reg lyk.
Skep warm in gesteriliseerde flesse en verseël deeglik. Vrugte met skille kan ook gebruik word, maar die kooktyd in water moet verleng word.

MIKGROGOLF HEEL GROENVYEKONFYT
Bestandele:
500 g groenvye
1 liter koue water
1 liter kook water
5 ml kalk
2 vye blare
Stroop:
500g wit suiker
750 ml water
10 ml suurlemoensap of 1 ml wynsteensuur
1 stuk pypkaneel
Hou die stingels aan en skil dun of skraap die velletjie af. Sny 'n kruis in die onderkant van elke vy.
Meng koue water en kalk, plaas vye in oplossing en laat oornag week. Spoel onder koue kraan water af. Plaas in 'n vuurvaste bak en voeg kookwater en blare by.
Bedek en plaas in mikrogolf 8-10 min by volle krag. Meng al die stroop bestandele en roer tot die suiker opgelos het.
Bedek en mikrogolf 10 min by volle krag. - roer 2 maal deur. Gooi vye af en plaas in warm stroop. Mikrogolf 30 - 40 min by volle krag - roer dikwels.
Skep vrugte in flesse en giet warm stroop bo oor, laat effens afkoel voordat die flesse verseël word.