HOE OM AVOKADO’s RYP TE KRY
Aankoop, berging en rypmaak van avokadopere:
Kies avokadopere met dowwe skille. Peervormige avokadopere moet baie vleis rondom die nekgedeelte hê en swaar in massa wees vir hul grootte wanneer jy dit in jou hand weeg.
Moenie aan avokadopere druk om te voel of hulle ryp is nie – koop liewer gereed- om- te- eet avokado’s of plaas die avokado in jou handpalm en rol dit effens heen en weer. Druk liggies met die palm van jou hand teen die avokado, dit behoort effens mee te gee (afhangende van die soort avokado).
Die avokado moet nie sag of pap voel nie. Om die rypmaak van avokado’s te bespoedig kan dit saam met ‘n ryp appel of piesang in koerant- of handoekpapier toegedraai word en in ‘n donker kas gesit word. Die vrugte stel etileengas vry wat die rypword van die vrug bespoedig.
Ryp avokado’s of avokado’s waarvan die rypmaakproses vertraag moet word, kan in die groentelaai van die yskas geberg word by ‘n temperatuur van nie laer as 5 C. nie.
Indien die temperatuur wel laer is, moet die avokado’s beskerm word met handoekpapier of iets dergliks – te lae temperatuur veroorsaak dat die skil van die avokado’s swart word. (Hierdie swart-word-proses is nie dieselfde as wanneer die meer ovaalvormige avokado ryp word en van donkergroen na pers-swart verander nie.)
Om oksidasie of verkleuring van ‘n avokado te voorkom, kan ‘n halwe oorblywende avokado in die yskas gebêre word deur die pit weer terug te plaas in die vrug, die vlees te seël met suurlemoensap en dan toe te draai met kleefplastiek.
‘n Halwe avokado kan ook “afgespoel” word onder ‘n lopende koue kraan en dan onderstebo geplaas word op ‘n bord in die yskas – die vrug behoort vir ten minste nog een dag groen te bly. Kookwater kan ook oor ‘n ongeskilde ryp avokado gegooi word en vir ‘n minuut gelaat word. Dompel dit in koue water – die avo behoort nou maklik af te skil en sal sy kleur vir ten minste ses uur behou.
Bron: afrikaanseforum