INGELEGDE KERRIEVIS SUIKERVRY
3 kg ferm vis, bv. koningklip, roman, geelbek of kabeljou
Piekel
30 ml kookolie
6 groot uie, gesny
30 - 45 medium kerriepoeier
5 ml borrie
1 ml fyn naeltjies
1 ml gerasperde neutmuskaat
10 ml mielieblom
1 sakkie versoeter
6 suurlemoen- of lourierblare
1 baie klein skerprissie, fyngedruk
Sout na smaak
6 swartpeperkorrels
1 klein sukkie suurlemoenskil
500 ml asyn of 250 ml asyn en 250 ml water as asyn sterk is
Sny vis in porsies, bak in warm oond of rooster tot gaar. Verhit 30 ml kookolie in braaipan en soteer uie tot deurskynend. Voeg kerriepoeier en oorblywende speserye by en braai 'n paar minute. Roer by. Voeg laaste die asyn by. Prut die mengsel 20 minute. Pak vis in lae in gesteriliseerde glasflesse. Giet die skerp sous oor. Laat afkoel, sit skroefdeksels op en bêre op 'n koel plek. Laat minstens 2 dae staan voor dit geëet word sodat die geure goed kan meng.
Resep: Weigh-Less Eksotiese Kookboek