KOMKOMMER STUKKONFYT
Weeg die hoeveelheid engelse komkommers af.
Skil dit en sny 2cm dik skywe.
Maak ‘n oplossing van 30ml gebluste kalk op 5 liter water. (of gebruik 45ml koeksoda op 5l water)
Laat dit ‘n rukkie staan sodat die kalk kan afsak en giet die kalkwater af.
Week die stukke oornag in die kalkwater.
Spoel die komkommerskywe die volgende oggend goed af.
Plaas in kastrol, voeg bietjie vars water by.
Verhit tot kookpunt en kook dit 10 minute lank.
Dreineer goed.
Om die stroop te kook, gebruik vir elke 1 kg komkommers wat van die begin afgeweeg is:
1,5kg witsuiker
875 ml water
5 ml wynsteensuur
en ‘n knoets vars gemmer wat geskil, in stukkies opgesny en in ‘n stukkie moeselien of kaasdoek toegebind is.
Verhit die suiker en water tot kookpunt (roer tot die suiker opgelos het).
Voeg die komkommerskywe, wynsteensuur en gemmer by die stroop en verhit dit tot kookpunt.
Kook dit ‘n kwartier lank met die deksel op.
Laat die komkommerstukke 24 uur in die stroop lê.
Kook dit daarna verder tot die skywe deurskynend helder en die stroop dik is.
Verwyder die gemmersakkie.
Pak die warm komkommerskywe in warm, droë gesteriliseerde flesse.
Syg die stroop deur en bedek die skywe daarmee.
Verseël die flesse en bewaar konfyt in ‘n koel donker plek.