KOPERPENNIE WORTELSLAAI MET ‘N BYT
Marié van Aarde
1 kg wortels
2 uie, in dun ringe gesny
1 groenrissie, ontpit en in dun ringe gesny
Metode:
Kook wortels halfgaar (nie pap),
gooi kookwater van wortels oor die uie en groenrissie,
spoel alles af onder koue water.
Laat afkoel en pak stewig in bottels.
Sous:
82 g (1pakkie) tamatiesop of 3 eetl tamatie pasta
250 ml water
200 ml asyn
125 ml kookolie
250 ml suiker
80 ml Worcestersous
125 ml sweet chillie sous
7 ml kerriepoeier
7 ml mosterdpoeier
1 teelp sout (of na smaak)
1 teelp crushed chillies
½ teelp rooi peper(Gebruik glad nie Aromat in hierdie resep nie want ek hou nie van die kombinasiesmaak van Aromat, kerrie en chillies nie.)
Metode:
Kook bestanddele van sous vir 2 minute saam en gooi kokend oor die slaai.
Druk met ‘n mes in die slaai sodat die sous goed inloop en vul tot bo sodat al die wortels bedek is.
Maak toe en laat staan vir minstens 2 dae voor gebruik.
Wenk: Ek maak altyd hierdie resep so 2 tot 3 keer aan op ‘n slag. As daar dan van die sous oorbly nadat die bottels gevul is maak ek ‘n lekker chillie sous deur net nog crushed chillies en rooipeper by te voeg. Onthou die gedroogde crushed chilles proe nie altyd dadelik so sterk nie maar eers as dit ‘n paar dae gestaan het.