KOUD BEROOKTE BEESVLEIS (SMOKED BEEF)
Henk Boshoff
Hierdie een maak ek al vir 20 jaar en sorg dat daar feitlik altyd daarvan beskikbaar is.
Jy kan dit kommersieel koop maar teen meer as R450 per kg is dit ,vir my altans,onbekostigbaar.
Jy gebruik die bees se heel oogspier [Silverside] of heel rugstring.
Benodigdhede.
Vleisnet.Jy koop dit in n rol by Freddie Hirch of Crown.Jy kom baie ver met n rol.
Ons gaan die natpekel metode gebruik.
Natpekel resep
Vir 2,5 -12 kg vleis.
5 l water
750 gram growwe sout
25 gram salpeter
90 gram suiker
30 gram koeksoda
Meng baie goed saam totdat sout volkome opgelos is.
Speserye persoonlike keuse.Ek gooi sommer 30 ml Piekelspeserye by.
Metode
Verwyder senings van vleis.Plaas vleis in net en bind die net bo en onder af met tou.Net rek en vorm om tou,soms sukkel mens om dit oor te kry.Ek het by loodgieterwinkel n stuk 150mm afvaldreinpyp gekry.Ek trek die net oor die pyp.laat n stukkie onder verbysteek en vul dan net met vleis terwyl ek pyp liggies skud.Slegs 20 cm stuk pyp is nodig.
Nadat jou vleis in die net geplaas is,plaas jy die vleis in n plastiekbak ,met pekel in,in yskas.Die vleis moet met pekel bedek word.Ek plaas n bord bo op om die vleis onder pekel te hou.Laat staan vir 5 dae,draai vleis elke dag om.
Haal nou vleis uit,spoel liggies af en hang om volkome winddroog te word,normaalweg n dag.
Ek koue berook dan die vleis met Eikehoutskaafsels vir agt ure.
Die vleis word dan soos biltong gehang om te droog.
Dit moet nie kurkdroog wees nie,maar nog sag binne in,so 10 na 12 dae.
Sny in papierdunskywe en geniet.
Ek hou dit in yskas sodat dit nie te droog word nie.