LEMOEN, PYNAPPEL EN GRENADELLA MARMELADE
Susan van der Westhuizen
6 lemoene fyn gesny
2 pynappels geskil en fyn gesny
7 grenadellas
3kg suiker
2,5 liter water
Plaas die lemoene in pot en voeg genoeg water by om te bedek en laat staan oornag. Volgende oggend gooi jy al die water van lemoene af want dit laat konfyt bitter word. Voeg nou 2,5 liter water by en kook tot sag vir omtrent 45min. Kook intussen die pynappel in driekwart koppie water tot sag. Wanneer albei mengsels sag is voeg bymekaar en ook die grenadellas en suiker. Roer tot gesmelt en kook dan ongeveer 2ure. Moenie langer kook nie al lyk dit nog loperig anders is dit tamaletjie. Ek toets myne met koue piering metode kort kort. Bottel en seel.