MOERBEIKONFYT
Moerbeie
Suiker
Spoel die vrugte wat byna ryp is onder lopende koue water af en dreineer goed.
Knip die stingeltjies af.
Weeg die moerbeie af en weeg net soveel witsuiker af as wat die moerbeie weeg.
Pak die moerbeie in lae in ‘n vlekvryestaal of emaljekastrol en strooi suiker oor elke laag.
Sit die deksel op en laat oornag stroop vorm
Verhit die mengsel die volgende oggend baie stadig en roer aan die begin tot die suiker opgelos is.
Voeg 25ml suurlemoensap vir elke 1kg moerbeie by.
Kook dit 50-60 min taamlik vinnig totdat dit dik genoeg is as dit op ‘n koue piering getoets word.
Skuim af indien nodig, laat 5min afkoel.
Bottel die konfyt warm in voorbereide flesse, en verseël wanneer afgekoel.
Bron: Lekker vir later

MOERBEI KONFYT
1.2 kg moerbeie
300 g appels
Sap van twee suurlemoene
500 g bruin treacle suiker
Knippie sout
500 ml water
Sny stingels af van moerbeie sny appels fyn. Skil en stronk ook
Sit al die bestandele in 'n pot en bring tot kookpunt. Bring af tot prut en prut vir ongeveer 'n uur. Die water sal wegkook en dit sal taai toets in 'n piering.
Resep: Leah Horsman