OUMA HENNA SE WESKUS KERRIEVIS
Louise Groenewald
Geelstert en Kabeljou is ideale keuses vir kerriesvis, maar enige ander wit vis soos stokvis is ook geskik.
2 Kg Vismootjies
Sonneblomolie vir vlakbraai
3 groot Uie, ringe gesny
2 Eetlepels Mielieblom (Maizena)
Kerriesous:
3 Koppies Bruin asyn,
1 Koppie Bruin suiker,
1 Koppie Water
2 huisies vars Knoffel, fyngedruk
2 Teelepels vars Gemmer, fyngedruk
2 – 3 Eetlepels Kerriepoeier (sterk of matig, na gelang van smaak)
2 Teelepels geroosterde rooi Masalapoeier
2 Eetlepels Borrie
1 Eetlepel swart Peperkorrels
1 groot ryp Tamatie, pitte uitgedruk en fyngekap
2 Teelepels Sout
4 Lourierblare
Was en sny die vis in porsies. Braai die visporsies in warm olie vir omtrent 3 minute aan elke kant, net tot gaar.
Voeg al die kerriesous bestandele in ‘n groot kastrol en bring stadig tot kookpunt, roer tot suiker opgelos het.
Voeg uieringe by, verlaag hitte en bedek met deksel, prut vir 10 minute.
Pak die vis en uie in lae in glashouers met skroefdeksels.
Meng die mielieblom met ‘n bietjie van die kerriesous en roer by die sous, kook tot die sous effens verdik.
Giet die sous warm oor die vis en laat dit afkoel, skroef daarna die deksels styf op en plaas in die yskas.
Laat staan die vis vir omtrent 3 dae om die geur te ontwikkel voor opdiening.