PIKANTE TAMATIE EN AGURKIE BURGER RELISH (Wimpy Styl)
Hierdie is die naaste kloon van die oorspronklike Wimpy Burger Relish
Bestanddele:
Metode:
Bron: Whats4Chow
Hierdie is die naaste kloon van die oorspronklike Wimpy Burger Relish
Bestanddele:
- 150g fyngekapte uie
- 15g fyngekapte knoffel
- 600g geskilde en gekapte tamatie
- 150ml rooiwyn asyn
- 75g suiker
- 100g fyngekapte agurkies
- 50g Botter
- 15 ml Paprika
- 15ml Tapioca meel of maizena gemeng met 30ml water
Metode:
- Verhit 'n pan oor lae hitte, smelt botter en braai die uie en knoffel vir 5 minute of tot deurskynent.
- Voeg die tamatie by en braai vir nog 10 minute tot meeste van die tamatie verpulp het.
- Voeg paprika by en braai vir nog so 2 minute.
- Voeg suiker en rooiwyn asyn by. Roer tot al die suiker opgelos het, bring weer tot kookpunt, verminder hitte en prut vir 30 minute. Roer kort kort.
- Sodra die mengsel bietjie verdik, roer die tapioka of maizena wat gemeng is met die water om dit 'n pasta te vorm, by en laat verder kook tot dit lekker verdik het.
- Verwyder van hitte, roer die fyngekapte agurkies by en geur met sout.
- Gooi in gesteriliseerde flesse en seël
Bron: Whats4Chow