HENK BOSOFF SE PORTUGESE PERI PERI SOUS
Ek het hierdie resep by n Portugese dame gekry wat in die sestiger en vroeë sewentigerjare n eetplek in LM in Mosambiek besit het.
500 gram vars Rooi Brandrissies,ek gebruik Cayenne Long Slim.
1 Teelepel fyn Knoffel
1 Lourierblaar.
4 Eetlepel Olyfolie. (Sy het gese mens moet die Estoril soort gebruik.)
1 Koppie wit Druiwe asyn.
1 Groot Suurlemoen se sap.
1 Eetlepel Aromat.
2 Teelepels Paprika
1 Teelepel Sout.
Maal die Rissies en Knoffel,alternatiewelik kan alles saam versap word. Meng alles saam en prut vir n halfuur. Roer gereeld en pas op vir brand. Bottel en bewaar in yskas.
Sy het dit soos volg vir Peri Peri hoender gebruik. 2 of meer teelepels van die sous.
3 teelepels sout.
1 teelepel Paprika.
2 teelepels Knoffel.
1 suurlemoen se sap.
1 Lourierblaar,verkrummel.’n Halwe glas Witwyn.
2 teelepels Aromat.
3 teelepels Olyfolie.
Metode Maak pasta met alle bestandele behalwe wyn en suurlemoensap.S ny kepe in oopgevlekte hoender in en vryf die pasta in. Sit in bak en gooi wyn,gemeng met suurlemoensap,oor. Marineer vir twee ure in yskas, draai gereeld om. Braai oor koel kole en baste met oorblywende marinade.