SUIKERVRYE SOETSUUR BEET
Wilma Josey Venter
5kg Beet
2kg uie
25ml sout
25ml Swartpeper
10ml Koljander
1kg Xylitol
4lt Witasyn, 50ml Kookwater
Kook die beet tot sag, verwyder die skil en kerf op of rasper grof. Kerf die uie en blanseer in kookwater vir 10minute. (Die uie is dan nie so skerp wanneer gebottel word nie)
Los die Xylitol op in die kookwater. Meng al die speserye saam met die Xylitol, voeg die asyn by en meng goed deur. Meng die beet en uie in 'n groot skottel. Voeg die asynmengsel by en meng weer deur. Skep in skoon gesteriliseerde vlesse.
Ek kerf my beet en uie met my voedselverwerker.