SUURLEMOEN PIEKELS
12 suurlemoene
250 ml water
200 ml asyn
500 g suiker
4 rooi brandrissies
3 lourierblare
Was die suurlemoene goed af. Sny 8 van hulle in 6-8 skywe elk. Plaas dit
in ‘n groot fles.
Druk die sap van die orige vier suurlemoene uit. Meng sap, water, asyn en
suiker. Verhit oor lae hitte totdat die suiker opgelos is. Voeg rissies, peper
en lourierblare by, verhoog hitte en kook vyf minute. Skep kokend in die
fles. Laat staan 24 uur en verseel.
Bron: SARIE , 13 Junie 1990
GEPEKELDE SUURLEMOENE
Berie Smith
Jy sny suurlemoene in vier dele, maar nie deur nie, dan gooi jy growwe sout in jou bottel, pak suurlemoen, gooi weer growwe sout en herhaal tot bottel vol is.
Jy druk ook 'n klomp suurlemoene se sap uit en gooi bietjie van die in elke bottel. Druk suurlemoene styf vas in bottel, die sap wat dan daaruit kom en die bietjie wat jy byvoeg is genoeg vir die insout.
Dan laat jy dit vir 3 weke in donker kas staan en draai elke dag die bottels om.
Daarna word dit in jou yskas gebêre.
Ek het so rukkie terug die resep op my profile gesit.
Hoop jy kom reg...ek maak elke nou en dan dit wanneer ek sien myne raak nou klaar.
Gebruik dit in hoender, vark, slaai, kerriedisse ens. Dis heerlik.
PIKANTE GEPEKELDE SUURLEMOENE
Pasella
Carol het hierdie onthoudis gemaak vir ons September Tuin-tot-Tafel-kuier by die Institute of Culinary Arts. Die pekel is heerlik saam met vis- of hoendergeregte of selfs op ‘n kaasbord. Dit gee ook ‘n kenmerkende smaak aan Morokkaanse tagines. (Maak 1 x 500 ml bottle) 1 kg suurlemoene/lemmetjies ongewax*
120 g growwe sout
300 g suiker
1 t komynsaad
1 ml vars gemaalde swartpeper
2.5 cm vars gemmer, fyngerasper
2 rooi rissies ekstra suurlemoensap Was die suurlemoene of lemmetjies deeglik in louwarm water. Sny elke suurlemoen/lemmetjie in 5mm dik skywe. Meng die growwe sout, suiker en speserye. Sprinkel van die mengsel op die bodem van ‘n gesteriliseerde glasbottel, pak die suurlemoenskywe en rooi rissies in met ‘n sprinkel van die speserymengsel tussen elke laag. Pak styf vol en vul die houer met die ekstra suurlemoensap tot bo. Verseël deeglik en draai die houer onderstebo,berg in ‘n koel, donker plek. Draai gereeld om sodat sout ten volle kan oplos. Wag vir 1 maand voor gebruik vir die skille om sag te raak. *Indien dit wel ‘n waslagie oor het, skrop deeglik met ‘n borseltjie onder warm water.
Piquant pickled lemons (Makes 1 x 500 ml bottle)
1 kg lemons/limes unwaxed*
120 g coarse salt
300 g sugar
1 t cumin seed
1 ml freshly ground black pepper
2.5 cm fresh ginger, finely grated
2 red chillies
extra lemon juice Wash the lemons/limes well in lukewarm water. Cut each lemon in 5mm thick wedges. Mix the coarse salt, sugar and spices. Sprinkle some of the mixture on the bottom of a sterilized jar, pack the lemon wedges and chillies in the jar with a sprinkle of the spice mixture between each layer. Pack the wedges in tightly and fill the jar with lemon juice until filled. Seal well and turn the jar upside down, store in a cool, dark place turning regularly so the salt can dissolve. *If waxed scrub under warm water.